Sowat twee derdes van die toeskouers vir hierdie byeenkoms is van ander dorpe afkomstig.
Die byeenkoms is vir die negende jaar deur Richard Griessen Repairs geborg. Saterdagoggend was knortjor-renne deur deelnemers so jonk as vier jaar eerste aan die beurt. 130 deelnemers in 10 klasse het vanjaar vir aksie gesorg tydens die gesogte kampioenskappe.
Die 1660-klas was die strafste met 30 inskrywings wat in twee indelings deelgeneem het. Daar was ook groot konsternasie in die 2.1-klas toe vier motors in `n botsing betrokke was waarna flarde bakwerk oor die baan gestrooi is. Ricardo Davey se Ford Fiesta en Thysie Valetyn se Opel Corsa is erg beskadig. Niemand is beseer nie.
Burger van der Westhuizen het daarin geslaag om die finaal van die 1660-klas te haal met `n VW Polo wat ook deur die meule was.
Die uitslae van die Klein Karoo Kampioenskappe as volg.
Johnny de Kock het die aksiefoto's geneem.
Ontwikkelingsklas
1. Dandre Swart - VW Golf
2. Robert Matthee - VW Golf
3. Arnold Verwey - Nissan 1400 LDV
Stock rods
1. Rayno Carrara - VW Golf
2. Pierre du Preez - VW Golf
3. Martin van der Westhuizen - VW Golf
1660-Klas
1. Tersuis van Tonder - Ford
2. JP Du Plessis - VW Golf
3. Gert Ellis - VW Golf
2.1 Klas
Geen uitslae beskikbaar teen saktyd.
Junior hitsmotors
1. Tyrone Els - Opel Corsa
2. Wayde Marshall - Toyota
3. Andre van Tonder - Nissan Exa
Hitsmotors
1. Dewald Rannft - Tata
2. Tiaan Louw - Opel Corsa
3. JP Kotze - Ford Fiesta
Heavy metals
1. Andre le Roux - BMW
2. Kobus van Zyl - Nissan Maxima
3. Jan van Tonder - Nissan Skyline
Lexus V8-klas
1.Carlo de Lang - Lexus flexi
2. Albert Olivier - Lexus flexi
3. Manfred Oehl - Lexus flexi
V8-klas
1. Hendrik van der Merwe - Chev flexi
2. Arrie van Zyl - Chev flexi
3. Bennie Greyling - Chev flexi
Miggiemotorklas
1. Wessel Rabe
2. Lammie Kotze
3. Anco Jordaan
Die Klein Karoo Kampioenskappe is steeds een van die dorp se gewildste sportbyeenkomste
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'