Nagenoeg 300 ryers het na Wittedrif, buite Plettenbergbaai ge-reis om aan die driedag-ren deel te neem wat verlede Saterdag tot 'n einde gekom het.
Die ren se 50 km- en 80 km-roetes is ontwerp deur die bekende Leon 'Dr Evil' Evans, wat ook verantwoordelik is vir die uitmergelende Absa Cape Epic roete.
Evans het dit egter benadruk dat dié ren ook ontwerp is vir diegene wat slegs vir die genot wil ry. Dit is volgens die organiseerders, een van die redes waarom die ren 'n 20% groei sedert die vorige jaar in inskrywing getoon het.
Een van land se topprofessionele ryers, Kevin Evans, het die eerste en derde dag gewen en die drie afgelê in 07:57:40 om as wenner van die manskategorie gekroon te word. Evans is gevolg deur Derrin Smith, wat die tweede skof kon wen en `n algehele tyd van 08:00:50 kon behaal. In die derde plek was Marc Kerr in 08:12:15.
Die vroueren is gewen deur Michelle Lombardi wat ook al drie skofte gewen het en `n algehele tyd van 09:39:35 kon behaal. Dit was meer as 20 minute vinniger as Wielie Frick in die tweede plek in 10:03:41. Caren Mills het die derde plek behaal in 10:17:42.
Besoek www.drevilclassic.com vir volledige uitslae.

Michelle Lombardi en Kevin Evans was die wenners van verlede naweek se
Pennypinchers Dr Evil Classis-berg-fietsren. Foto's: Desmond Scholtz
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'