Na temperature 32°C bereik het, kon selfs die mooi natuurskoon hulle nie inspireer nie en moes sowat 750 van die jaers die aftog blaas.
Die uiteindelike wenners was Waylon Woolcock (3 ure 10 min en 31 sekondes) en Ariane Kleinhans (3ure 34 min en 4 sek).
'n Deelnemer van die Paarl, Marius Louw het 'n noue ontkoming gehad na hy met fiets en al 12m ver van 'n brug geval het. Hy het slegs sy linker knie beseer. Volgens Louw het hy net vir 'n oomblik sy oë van die pad gehaal en die volgende oomblik toe lê hy in baie vlak water op sy rug. Sy rugsak en fiets het glo sy val gebreek. Hy is per helikopter na die die George MediClinic vervoer, maar is reeds ontslaan.
.jpg)
Wenners Waylon Woolcock (3 ure 10 min en 31 sekondes) en Ariane Kleinhans (3ure 34 min en 4 sek).
Foto’s: Desmond Scholtz Photography