OUDTSHOORN NUUS - Die 284ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed is Saterdag deur die 17-jarige William van Tonder met 'n tyd van 18 minute 26 sekondes gewen, slegs enkele sekondes stadiger as sy persoonlike beste tyd van 18 minute 17 sekondes.
Francois Verwey was tweede en nog 'n junior wat vir die eerste keer deelneem, die 15-jarige Zack Botha, was in die derde plek.
Alida Geldenhuys was die eerste vrou oor die wenstreep.
Die voorste hardlopers van die 49 deelnemers was:
- William van Tonder (18:26)
- Francois Verwey (22:05)
- Zack Botha (23:28)
- AJ van Tonder (23:41)
- Frans Boning (24:53)
- Jacobus Smith (25:33)
- Johann Botha (25:35)
- Alida Geldenhuys (26:56)
- Zani Smith (28:14)
- Pa Geldenhuys (28:32).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'