OUDTSHOORN SPORTNUUS - 'n Junior deelnemer, Stiaan van Wyk (12) van Laerskool Wesbank, het verlede Saterdag die vinnigste tyd behaal by die 346ste Oudtshoorn-parkrun wat soos gewoonlik by Surval-olyflandgoed plaasgevind het.
Johanna Claassen van die George Nedbank-hardloopklub was tweede, met nog 'n junior, Alexander van Wyk (11) in die derde plek.
Marieta Nieman van George het die mylpaal van 100 parkruns bereik, terwyl Oudtshoorn se bekende veteraan, Johann Coetzer, sy 280ste parkrun gehardloop het.
Die voorste tien drawwers van die dag se 38 deelnemers is as volg:
- Stiaan van Wyk (20:59)
- Johanna Claassen (25:37)
- Alexander van Wyk (25:58)
- Alida Geldenhuys (26:58)
- Johann Coetzer (27:24)
- Marinda Botha (27:44)
- Nico Myburgh, (29:07)
- Mathys Myburgh (29:11)
- Melanie Fourie (30:48)
- Aneria Bouwer (31:56)
Marieta Nieman van George het die mylpaal van 100 parkruns bereik.
Johann Coetzer het sy 280ste parkrun voltooi.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’