OUDTSHOORN SPORTNUUS - Tarren Jullies was verlede Saterdag die voorste drawwer tydens die Oudtshoorn virtuele parkrun met 'n tyd van 24:08.
Haar man, Conrad Jullies, se tyd van 26:34 was goed genoeg om aan hom 'n tweede plek te besorg. Hildegarde Bruwer was die tweede vinnigste vrou en algeheel derde in 'n tyd van 27:10.
Die uitslae is as volg:
- Tarren Jullies - 24:08
- Conrad Jullies - 26:34
- Hildegarde Bruwer - 27:10
- Francois le Roux - 27:58
- Abraham Hendricks - 29:04
- Wouter Julie - 30:00
- Bart Saaiman - 31:16
- Helena Smit - 35:15
- Sylvia le Roux - 38:52
- Garnett Wicomb - 39:39
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'