OUDTSHOORN NUUS - Drie leerders van Laerskool Wesbank, HW de Waal, Roy Viljoen en Ankhe Müller, het die afgelope naweek aan 'n ERASA-uithourit op Willowmore deelgeneem.
De Waal en Müller het Vrydag beide die 40 km-rit suksesvol voltooi. Viljoen het Saterdag 'n kompeterende 80 km-rit gery.
Hy het die eerste plek as kinderruiter behaal en was ook die algehele wenner in die 80 km-kompetisie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'