OUDTSHOORN KARATE-NUUS - Nege lede van die Eden-karatespan wat die Jikkai-do-karateklub op Oudtshoorn verteenwoordig, het op 9 en 10 Februarie aan die Wes-Kaapse kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem.
Dié karateka het in die kumite-style by die kampioenskappe deelgeneem, en altesaam agt medaljes ingepalm.
Hulle is ook opgeneem in die Wes-Kaapse karatespan wat op 15 en 16 Maart aan die nasionale karatekampioenskappe in Kaapstad gaan deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'