OUDTSHOORN FIETSRYNUUS - Die Oudtshoorn Jeugfees-fietsrytoernooi het Maandagoggend by Highgate-volstruisplaas weggespring en het Woensdag by die Ovaalrenbaan afgesluit.
Altesaam nege streke van oor Suid-Afrika het vanjaar aangetree.
Volgens Corné Bence, sameroeper van SA fietsry, het die o.10 tot o.19 ouderdomsgroepe sake oor dié drie dae uitspook .
Hy sê dat dit by fietsry-byeenkomste soos hierdie is waar talentvolle fietsryers geïdentifiseer word om na die volgende vlak te beweeg.
"Dit gaan nie eksklusief oor die wen nie, maar ook om die fietsryers se tegnieke by die draaie wat 'n groot rol sal speel. Algehele werketiek is ook baie belangrik"
Internasionale fietsryers (Union Cyclist International) wat ook deelgeneem het aan dié wedrenne sluit lande soos Egipte, Uganda, Ghana en Eritrea in.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'