OUDTDSHOORN ROLBALNUUS - Meer as 50 jeugdiges van die Wes-Kaap (Westelike Provinsie, Wynland, Overberg, Sentraal Karoo en Eden) het die afgelope naweek, 23 en 24 Junie in Oudtshoorn bymekaargekom om aan die jaarlikse jeug-rolbaltoernooi deel te neem.
"Hierdie toernooi is baie popular juis omdat jong spelers eerste blootstelling aan die kompeterende sport kry," het Charmaine Mostert van Wes-Kaap-rolbal gesê.
Spelers het in driespel formaat gespeel. Hulle het in o.15- en o.20-afdelings gekompeteer.
Rolbal Suid-Afrika se uitvoerende bestuurslid, Trevor Davis, en SA rolbalspeler Elma Davis, het ook die geleentheid bygewoon en spelers met talent geïdentifiseer vir moontlike uitnodiging na verdere oefengroepe, sowel as om die medaljes aan die wenners te oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'