OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-rolbalklub sal van Maandag 12 Maart tot Donderdag 15 Maart die gasheer wees vir die rolbal SA interdistrikte vroue-opespel.
Volgens Gertjie Bekker, president van die klub, is dit die eerste keer dat dié eer hulle toekom. 160 spelers sal aan die kampioenskappe deelneem.
"Saam met die bestuurders, afrigters, familie en ondersteuners sal die getal besoekers aan Oudtshoorn drasties meer wees."
Bekker sê die land se beste vrouerolbalspelers sal gedurende die kampioenskappe in aksie wees.
"Dit is 'n groot geleentheid vir ons. Ons nooi almal om te kom kyk hoe van die beste rolbal gespeel word."
Spel sal daagliks tussen 09:00 en 17:00 plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'