OUDTSHOORN NUUS - Laerskool Wesbank se Liam Hooper het by die SA Gimnastiekspele (SA Gym Games 2017) drie medaljes ingepalm.
Die spele het gedurende die Oktober-skoolvakansie in Pretoria plaasgevind.
Hooper het twee goue en een silwermedalje verower.
Met die goue medaljes om sy nek, is hy tans die nasionale kampioen in beide die seuns o.10 dubbel mini (vlak 7) en tuimel (vlak 6).
Die silwermedalje het hy in die euro-trampoline (vlak 7) gewen.
Hy is gekies om die SA span by die Region 5-kompetisie, Desember in Namibië te verteenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'