OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Uniondale se o.15-netbalspan het Saterdag 9 September in hul ouderdomsgroep die interskole netbalkampioenskappe op Oudtshoorn gewen,
Die span het meegeding teen Hoërskool Bridgton, Dysselsdorp Sekondêr en Hoërskool Haarlem,
Met die oorwinning het hulle deurgedring na die Kay Motsepe topskole o.15-netbalkam-pioenskappe in Stellenbosch.
Die prinsipaal mnr. Ikey Lee het gesê hy is baie trots op die span se prestasie.
Uniondale se o.15-netbalspan is voor, van links, Cassidy Noordman (kaptein), mev. Beatrice Loff (afrigter) en Incke Lee. Agter: Asanda Saki, Kurtley-Ann Samuels, Cornan Maya, Maxeme Coetzee en Jasmine Jansen. Devadine Jacobs is afwesig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'