OUDTSHOORN SPORTNUUS - Renaldo Hiscock is onlangs by 'n prysuitdelings-funksie van Eden-kushengel in Mosselbaai met 'n silwermedalje vereer vir 'n tweede plek wat hy in die Winter Total Edible Catches 2023-afdeling behaal het.
Sy ma, Maritsa Hiscock, was tydens dieselfde kompetisie in die derde plek, en is ook by dié geleentheid met 'n bronsmedalje vereer.
Renaldo het ook 'n trofee op 27 Mei by die Outeniqua-hengelklub se prysuitdeling, in die topjunior van die jaar-kategorie, ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’