Reinhardt Haupt (seuns o.15) is aangewys as die Junior Victor Ludorum van die byeenkoms en het `n puntetotaal van 2496 behaal. Ilse Beukman van Boland het ook die byeenkomsrekord verbeter met haar 2558 punte, wat slegs vier punte kort is van die Suid-Afrikaanse rekord.
Boland het die kompetisie vir die sewende agtereenvolgende keer gewen en gewys dat hulle reg is vir die SA kampioenskappe. Tweede was WP gevolge deur OP en SWD in die vierde plek. SWD verower nie minder nie as 14 medaljes (5 goud, 5 silwer en 4 brons).
Die medaljewenners was:
Goud: seuns o.11 Eugene van der Merwe (2166); seuns o.15 Reinhardt Haupt (2495); Jun Vet Mans Mihan Roos (2221); Jun Vet Dogters Aneen Meyer (2312); seuns o.17 Nick Coertze (2385)
Silwer: seuns o.11 James Murray (2115); seuns o.11 Jacques Meyer (2115); dogters o.11 Trisha Pollecute (2173); Vet Mans Chris van Wyk (2247); Jun Vet Mans Marsel Roos (2202)
Brons: dogters o.13 Lune van der Westhuizen (2283); Senior Vet Mans Johan Windt (2165); dogters o.15 Chané Geldenhuys (2277); Jun Vet Mans Juan Pretorius (2198).
Meer as 80 atlete het deelgeneem aan die Biathlo-byeenkoms wat verlede Sondag plaasgevind het.
Die medaljewenners was:
Goud: seuns o.11 Uli Claassen; dogters o.11 Kirsten Barbour; dogters o.13 Lune van der Westhuizen; seuns o.15 Reinhardt Haupt; seuns o.17 Nick Coertze; seuns o.19 Dewald Homan; Jun Vet Mans Marsel Roos; Sen Vet Mans Johan Windt
Silwer: seuns o.11 Eugene vd Merwe; dogters o.11 Selma du Preez; seuns o.13 Maree Pio; seuns o.15 Wilko du Preez; Jun Vet Mans Mihan Roos; Jun Vet Dogters Lisl Windt; Vet Mans Chris van Wyk
Brons: dogters o.11 Trisha Pollecutte; seuns o.13 Gerdus Claassen; dogters o.13 Jade Barrett; seuns o.15 Christo Claassen; dogters o.15 Bianca le Grange.
SWD se volgende ligabyeenkoms is op Dinsdag 12 Februarie by Hoërskool Outeniqua. Vir enige navrae kan Dave van der Walt geskakel word by 082 773 4901.
_501906808.jpg)
Gerdus Claassen (brons), Reinhardt Haupt (goud) en Wilko du Preez (silwer) het in die seuns o.15 Biathlo uitgeblink.