ROLBAL NUUS - Riversdal-rolbalklub het Saterdag 5 November 'n baie suksesvolle Hessequa Classic-borgdag gehou met 24 spanne uit die distrik wat opgedaag het om hul rolbaltalent ten toon te stel.
Die wenners van die dag was soos volg:
1. Mosselbaai
2. Witsand
3. Hartenbos
4. Stilbaai
5. Stilbaai
Hessequa-munisipaliteit en Personal Trust het die dag saam geborg met die munisipaliteit wat die spelers ook met 'n smullekker middagete bederf het.
Die bestuur van die klub bedank sy borge, die verversingspersoneel en al die klubs wat ver gereis het om te kom deelneem.
Die 24 spanne wat aan die Riversdal-rolbalklub se baie suksesvolle Hessequa Classic-borgdag deelgeneem het voor die klubhuis afgeneem.
Die naaswenners van die Hessequa Classic-rolbaltoernooi was van Witsand. Marie Boshoff staan by die spanlede. Van links: Leighton Lawak (Hessequa-munisipaliteit), Ian Andrew, Myrna Andrew en Alewyn Burger.LINKS: Pieter Kleinhans, die Spider-wenner, word deur Marie Boshoff gelukgewens.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'