OUDTSHOORN NUUS - Die Helende Woord-rolbalspan is verlede Woensdag by die Oudtshoorn-rolbalklub as die wenners van die gewilde jaarlikse rolbal-sakeliga aangewys.
Hierdie span het fantasties gevaar en vyf uit ses wedstryde gewen met een wat gelykop geëindig het. As deel van hul prys het Helende Woord met R1 200 weggestap.
Dié toernooi is oor ses weke beslis met n rekordgetal van 216 spelers (54 spanne) wat vanjaar ingeskryf het. Laerskool Wesbank en PSP het onderskeidelik in die tweede en derde posisie geëindig.
Die top-10-spanne is as volg:
- Helende Woord
- Laerskool Wesbank
- PSP
- Saayman & Kie
- Van Reede 1
- Eljada Kairos 2
- Spoke
- Eljada Kairos 1
- Harde Baarde
- Oudtshoorn Sweiswerke
Die Helende Woord-rolbalspan van links is Barnard Griebenow, Gerhard Norval, Elzie Stapelberg, Justine Eaglestone (Oudtshoorn-rolbal president) en Pieter Jancke. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'