OUDTSHOORN NUUS - Eljada-nasorgsentrum het verlede Vrydag 'n swemgala en verskeie sportaktiwiteite by die NA Smit-swembad gehou.
Volgens die organiseerder, Emmerenthia Prins, was sowat 85 deelnemers betrokke wat in twee groepe ingedeel was.
Die twee spanne wat mekaar in hul onderskeie groepe die stryd aangesê het, was Eljada-nasorg en Up With Downs (UWD).
Die items waarin groep een deelgeneem het was die vry- en rugslagitems, sit-in-die-band en lê-op-die-maag.
Groep twee se items was, stap-in-die-water, treintjie, hondjie en sit-in-die-band.
Daar was ook groot opwinding tussen die Budgies en Kokketiel-toutrekspanne wat mekaar die stryd aangesê het met laasgenoemde wat uiteindelik die wenner was.
Volgens Prins het almal die dag terdeë geniet en beoog hulle om binnekort weer soortgelyke byeenkomste te hou.Oud en jonk vorm 'n treintjie in die swembad.
Die seevierende Kokketiel-toutrekspan in aksie. Foto's: Frank Abrahams
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'