OUDTSHOORN NUUS - 'n Groot eer het Corné Bence vandeesweek te beurt geval toe hy die ministeriële toekenning vir uitnemendheid van die minister van kultuursake en sport, Anroux Marais ontvang het. Die spoggeleentheid was in Kaapstad by die Cullinan-hotel gehou.
Bence, wat vir jare lank reeds 'n groot gees in fietsrykringe is, is tans die nasionale keurder - en bestuurder van Fietsry SA se spanne.
Hy is ook die langs dienende lid op verskeie sport-rade. Onder sy leierskap het die SA-fietsyspan die meeste medaljes ooit by die Afrika kontinentale fietsrytoernooi verlede jaar in Egipte gewen. Volgens Bence voel hy geeërd dat hierdie gesogte toekenning vir 'n tweede keer in sy loopbaan kon ontvang.
"Die eerste keer was dit deur die destydse minister van sport (dr. Ivan Meyer ) aan my oorhandig en nou minister Marais. My hele lewe lank het ek daarna gestrewe om fietsry op die map te plaas. Die magdom plaaslike talent op die oomblik is 'n testament dat adminstrateurs en afigters die sport gesond bestuur," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'