Skopboksers van Grebe's-skopboksklub het met groot trots aan die Eden-skopbokskampioenskappe deelgeneem en puik prestasies behaal.
Ranger Grebe sê hy is ongelooflik trots op elke vegter wat met moed, deursettingsvermoë en sportmanskap meegeding het.
Al die skopboksers het gekwalifiseer om aan die Wes-Kaapse skopbokskampioenskappe, wat op 3 en 4 Oktober in Oudtshoorn plaasvind, deel te neem.
Die uitslae is as volg:
- Gideon van Atwerp: 2 goud
- Lukas van Rooyen: goud en brons
- Zander van Jaarsveld: 2 goud
- Wian Viljoen: 2 goud
- Lize-Mari Mostert: silwer
- Stian Jonker: Silwer en brons
- Logan van Jaarsveld: 2 goud
- Reon Lombard: silwer
- Jonathan Truter: goud en silwer
- Jaco van der Merwe: goud en brons
- Divan van Deventer: 2 silwer
- Hailie van Rensburg: silwer en brons
- Liam de Wit: goud en silwer
- Divan Rademeyer: 2 silwer
- Wian Grebe: 2 goud
- Heath Claassen: silwer en brons
- Tristan Beets: goud en silwer
- Chaunique Bruce: 2 goud
- Anando Olivier: brons
- Audan Olivier: goud
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’