OUDTSHOORN NUUS - Grebe’s-skopboksklub het verlede Saterdag uitstekend gevaar by Wes-Kaapse skopbokskampioenskappe wat in Saldanha plaasgevind het.
Altesaam 14 skopboksers van die klub het deelgeneem waarvan sewe lede as Wes-Kaapse kampioene by dié toernooi gekroon is.
Tans is die groep besig om voor te berei vir die SAKA (South Africa Kickboxing Association) nasionale skopbokskampioenskappe wat vanaf 26 tot 28 April in die De Jager-sportkompleks op Oudtshoorn sal plaasvind.
So het die klub gevaar:
- Andrea Poyana - silwer (2)
- Megan Grebe - goud (2)
- Jacquine Strydom - goud (2)
- Ranger Grebe - goud (2)
- Maarten Krüger - goud en silwer
- Divan Rademeyer silwer
- Simon Greeff - goud en silwer
- Louis Luyt - silwer (2)
- Audan Olivier - silver en brons
- Righardt van den Berg - silver en brons
- Divan de Wet - goud ,
- Jenovin Fortuin - silwer
- Wian Grebe - goud (2)
- Ali Nait-Saidi - goud (2).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'