OUDTSHOORN SKOPBOKSNUUS - Grebe's-skopboksklub van Oudtshoorn het onlangs aan die 10de SAKA Battle of the Karoo klub-skopbokskampioenskappe op Oudtshoorn deelgeneem.
Altesaam 100 inskrywings van nege klubs vanaf Port Elizabeth tot Mosselbaai het vanjaar mekaar die stryd aangesê.
Grebe's-skopboksklub het nie teleurgestel nie en 21 goud, 19 silwer en vyf brons verower. Sewentien lede van dié klub is opgeneem in die Eden-span wat vanaf 7 Maart aan die Wes-Kaapse-skopbokskampioenskappe op Mosselbaai gaan deelneem.
Uit hierdie groep is daar twaalf lede wat kwalifiseer vir deelname aan die SAKA SA skopbokskampioenskappe wat vanaf 17 tot 19 April in Pretoria aangebied word.
Altesaam 100 inskrywings van nege klubs vanaf Port Elizabeth tot Mosselbaai het vanjaar mekaar die stryd aangesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'