Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Na twee jaar kon die departement van maatskaplike ontwikkeling in samewerking met Klein Karoo Ouerpersone Forum, Vrydag weer hul jaarlikse, Goue Spele by die De Jager-sportkompleks aanbied. Bejaardes, 60 jaar en ouer moes eers 'n fiksheidstoets ondergaan voordat enige verrigtinge kon plaasvind.
Die opwinding was groot en deelnemers is deur toeskouers ondersteun en aangemoedig.
FOTOGALERY: Goue Spele by die De Jager-sportkompleks
Dysselsdorp se trompoppiegroep, dare to care, het die toeskouers aan die dans gehad terwyl hulle luidkeels aangemoedig het, "maak die litte los".
"Hierdie is 'n fun dag vir die senior burgers, die doel is om hulle aktief te hou terwyl hulle pret het," sê Elvera Claassen, maatskaplike werker by die departement van maatskaplike ontwikkeling en organiseerder van die dag.
Die onderskeie spanne wat aan die items deelgeneem en gewen het, sal deurdring na die Garden Route Goue Spele wat op 12 Oktober in Oudtshoorn sal plaasvind.
Deelnemers maak gereed om weg te spring met die eendjie-loop nommer.
Op julle merke gereed; deelnemers staan soos een man reg om die bal aan te gee.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'