Daarby is daar darem ook opwindende krieket en sokker wat die ledigheid oor die groot dae op 'n afstand sal hou. Die drie Twintig20-wedstryde tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland sal seker 'n goeie skoot tandeknersery veroorsaak.
Die wedstryde word op 21 Desember in Durban, 23 Desember in Oos-Londen en 26 Desember in Port Elizabeth gespeel.
Elke bal en elke lopie van elke wedstryd kan regstreeks op SuperSport gesien word. Dit geld ook die eerste toetswedstryd, wat op 2 Januarie in Kaapstad begin.
Vir sokkerspelers in baie lande is daar geen genade nie. Vir hulle is die Kerstyd ook werktyd.
In die Engelse Premierliga word voor die einde van die jaar nog verskeie wedstryde beslis wat 'n invloed op die uiteindelike puntestand sal hê. Klubs soos Chelsea, Manchester United en Manchester City kan eenvoudig nie bekostig om gedurende dié dae te verloor nie.
Baie mense wat nie gereeld sokker op TV kyk nie, kan na die regstreekse dekking van dié wedstryde oorskakel en deur die opwinding en spanning meegesleur word. Ook in Spanje en Italië duur die mededinging tussen 'n paar van die beste klubspanne ter wêreld voort. Dit verskaf ook skouspelagtige aksie op TV. 'n Terugblik na die jaar se sporthoogtepunte, met inbegrip van die Olimpiese Spele word byna elke dag uitgesaai.
SuperSport-hoogtepunte: (Alles regstreeks)
Vrydag, 21 Desember:
- Krieket: Suid-Afrika teen Nieu-Seeland, eerste T20 – 17:30 tot 21:30 op SS 2 en GDN
- Australiese Big Bash, T20: Melbourne Stars teen Sydney Sixers – 09:30 tot 13:30 op SS 2
- Rugby: Franse Top-14: Bordeaux teen Clermont Auvergne – 21:40 op SS 1
- Sokker: Engelse kampioenskap: Blackpool teen Wolverhampton Wanderers – 21:40 op SS 6.
- Saterdag, 22 Desember
- Krieket: Indië teen Engeland, tweede T20 – 16:15 tot 20:00 op SS 2 en GDN
- Australiese Big Bash, T20: Melbourne Renegades teen Brisbane Heat – 09:30 tot 13:30 op SS 2
- Rugby: Engelse Premierliga: Bath teen Saracens – 15:10 op SS 1
- Northampton teen Harlequins – 17:10 op SS 1
- Sokker: Engelse Premierliga: Wigan Athletic teem Arsenal – 14:00 op SS 3
- Manchester City teen Reading – 16:45 op SS 3
- Liverpool teen Fulham – 19:00 op SS 3
- West Ham United teen Everton – 16:50 op SS 5
- Tottenham Hotspur teen Stoke City – 16:50 op SS 7.
- Sondag, 23 Desember
- Krieket: Suid-Afrika teen Nieu-Seeland, tweede T20 – 17:30 tot 21:30 op SS 2
- Australiese Big Bash, T20: Adelaide Strikers teen Sydney Sixers – 10:00 tot 14:00 op SS 2
- Rugby: Engelse Premierliga: London Wasps teen Sale – 15:55 op SS 1
- Sokker: Engelse Premierliga: Swansea City teen Manchester United – 14:30 op SS 3
- Chelsea teen Aston Villa – 17:30 op SS 3.