OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium het die afgelope naweek Hoërskool Punt met die kous oor die kop huis toe gestuur in hul jaarlikse interskole-stryd (FNB Classic Clashes) wat Saterdag in Mosselbaai gespeel was.
Al vier Gimmies se eerste spanne (rugby, netbal en hokkie - seuns en meisies) was aan die wenkant.
Die volledige uitslae is soos volg:
Netbal: o.14-A wen 31-11; o.14-B verloor 12-22; o.14-C gelykop 11-11; o.14-D wen 11- 9; o.16-A wen 34-16; o.16-B verloor 18-28; o.18-A wen 32-31; o.18-B wen 22-17; o.18-C wen 26-9; o.18-D wen 30-6
Gimmies se o.19A-rugbyspan het sy eweknie van Punt met 36-21 geklop.
Seuns hokkie: Beginners verloor 2-0; 0.16-A verloor 1-0; 1ste span wen 3-1
Meisies hokkie: o.16-B gelykop 1-1; o.16-A wen 4-0; o.14-A wen 3-0; o.19-B gelykop 1-1; o.19-A wen 3-1
Rugby: o.14-A verloor 22-5; o.14-B verloor 19-5; o.15-A verloor 24-0; o.16-A verloor 34-26; o.19-C verloor 7-5 teen Hillcrest Sekondêr; o.19-B wen 50-0; o.19-A wen 36-21.
Gimmies se o.18A-netbalspan was met 30-16 baas teen die tuispan.
Gimmies se o.18A-hokkiespan (seuns) in aksie. Dié span het hul eweknie van Punt met 3-1 ore aangesit. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'