Gallery Update Video
OUDTSHOORN NUUS en VIDEO - Langenhoven Gimnasium (Gimmies) se eer-ste rugbyspan het Hoërskool Punt naelskraap met 15-13 tydens Saterdag 19 Augustus se interskole sportdag gewen.
Met hierdie oorwinning neem Gimmies die voortou met die aantal oorwinnings uit die 26 interskole byeenkomste tussen die twee skole. Gimmies het nou 13 van die 26 wedstryde ge-wen en een gelykop gespeel.
Gimmies se eerste seunshokkiespan het met 1-0 koning gekraai. Die tuisspan het nou ses keer gewen, teenoor Punt se sewe keer. Die twee spanne het ses van die interskolewedstryde gelykop gespeel.
Die eerste dogtershokkiespan het Punt met 2-0 gewen. Gimmies se eerste dogtersspan, met 11 interskole oorwinnings, staan op die punt om Hoërskool Punt se 12 oorwinnings te ewenaar.
Op die netbalbaan was Gimmies se o.18 A-span met 15-35 aan die verloorkant. Punt staan nou op 21 oorwinnings, teenoor Gimmies se vier.
Van die altesaam 24 wedstryde wat Saterdag op die rugby-, netbal- en hokkievelde gespeel, het Gimmies 13 gewen, nege verloor en twee gelykop gespeel.
Die oorwinngs is vyf uit ses rugbywedstryde, vier uit nege hokkiewedstryde en vier uit nege netbalwedstryde.
Kyk 'n video hieronder.
Gimmies het as volg presteer:
Rugby
o.19 A: wen 15-13; o.19 B: wen 18-0; o.19 C: verloor 26-0; o.16 A: wen 31-22; o.15 A: wen 17-0; o.14 A: wen 42-5
Netbal
o.18 A: verloor 35-15; o.18 B: verloor 18-13; o.17 A: wen 31-8; o.17 B: wen 20-8; o.17 C: verloor 13-9; o.15 A vs o.16 A: verloor 25-9; o.15 B: verloor 16-3; o.14 A: wen 26-12; o.14 B: wen 23-9
Hokkie (Dogters)
o.18 A: wen 2-0; o.18 B: wen 1-0; o.18 C: verloor 6-0; o.16 A: gelykop 0-0; o.16 B: verloor 1-0; o.14 A: verloor 4-1
Hokkie (seuns)
o.18 A: wen 1-0; o.16 A: wen 5-0; o.14 A: gelykop: 1-1
Lees 'n vorige nuusflits: Gimmies maak Oudtshoorn trots
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'