OUDTSHOORN NUUS en VIDEO - Langenhoven Gimnasium (Gimmies) en Hoërskool Punt se jaarlikse interskole vind hierdie Saterdag, 19 Augustus op die Gimmies se tuisvelde plaas.
Die dag se hokkie, gholf, rugby en netbalwedstryde begin om 08:30, met die wedstryd van die dag, die eerste rugbyspanne, wat mekaar om 14:00 die stryd aansê.
Die Oudtshoorn Courant het met die onderskeie Gimmies eerste spanne se afrigters gaan praat, om te luister wat hulle voor die groot dag te sê het.
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'