OUDTSHOORN NUUS - Tydens die afgelope junior pensteek (gimkana) kompetisies, het Gimmies weer hul staal gewys.
Gedurende die interprovinsiale kompetisie op 9 Desember, het die Wes-Kaapse-spanne stof in die ander provinsies se oë geskop en het hulle as die beste span uit die stryd getree.
Sharé Lund en Chrismari Strydom, van Langenhoven Gimnasium, het elk 'n trofee vir beste halfseksie tydens die inter-provinsiale kompetisie ontvang en Sharé het ook die 'Best-Girl'-toekenning (met 'n voltelling) ontvang.
Tydens die SA kompetisie wat vanaf 10 tot 11 Desember plaasgevind het, het al vyf Gimmies itemmedaljes verwerf.
Mia Esterhuizen, 'n nuwe ruiter, was deel van 'n span wat 'n silwermedalje vir 'Indian File-Lance' ontvang het. Jacquine Strydom was deel van 'n span wat 'n trofee vir die beste seksie ontvang het.
Sharé Lund het 'n silwermedalje vir ring-en-pen-item in die individuele kategorie ontvang en Chrismari Strydom het 'n goue medalje vir ring-en-pen-item (individueel) ontvang.
Chrismari ontvang ook 'n bronsmedalje vir individuele 'Skill-at-Arms'-item. GW Lund het die victor ludorum trofee vir seuns, sowel as 'Best-Man'-toekenning ontvang.
Tydens die SA kompetisie wat vanaf 10 tot 11 Desember plaasgevind het, het al vyf Gimmies itemmedaljes verwerf.
Voorts haal Chrismari die Presidentspan (o.19-meisies) en GW Lund die Proteaspan (o.19-seuns).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'