OUDTSHOORN NUUS - Drie leerders van Langenhoven Gimnasium het die afgelope naweek aan die Eden-skopbokskampioenskappe in George deelgeneem.
Jacquine Strydom (twee goues), Megan Grebe (twee goues) en Divan de Wet (een silwer) kon daarin slaag om medaljes te verwerf.
Met hierdie prestasies het hulle Eden provinsiale kleure verwerf en kwalifiseer hulle ook vir die Wes-Kaapse skopbokskampioenskappe wat op 23 Maart op Saldanhabaai plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'