OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium (Gimmies) se o.15-eerste netbalspan se fiksheid is tydens die Kay Motsepe o.15-uitduntoernooi tot die uiterste beproef.
Die toernooi het op Saterdag 16 September in Stellenbosch plaasgevind.
Hulle het in die Batho-afdeling, waar sewe skole uit die ses Wes-Kaapse-distrikte deelgeneem het, gekompeteer. Gimmies se skoolhoof, mnr. Stephanus Potgieter het die span vergesel.
Potgieter het na die wedstryd aan die Oudtshoorn Courant gesê, "Hulle het met hul vyfde plek ongelooflik goed gespeel. Ek is baie trots op hulle."
Volgens Potgieter het Gimmies elke wedstryd aangegryp as 'n geleentheid om net hul beste te gee.
"Ons het besef dat dit werklik 'n groot voorreg is om Eden-distrik by so groot toernooi te verteenwoordig. Spel van hoogstaande gehalte is gelewer."
Hy het me. Charmaine Stemmet, die span se afrigter, geloof vir haar harde werk.
Jul positiwiteit, harde werk, spangees en mooi gesindheid is voorwaar iets wat ons Gimmie-harte nóg warmer laat klop."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'