OUDTSHOORN NUUS - Ses SWD-landloopatlete van Langenhoven Gimnasium sal op 17 September aantree by die SA landloopkampioenskappe in Rustenburg.
As deel van die voorbereiding van dié kampioenskappe sal daar 'n verpligte oefenkamp op 3 September op Pacaltsdorp wees.
Twee van die atlete, William van Tonder en Tyron Andries, is reeds bekende name in die weeklikse plaaslike Oudtshoorn-parkunpretdraf. Andries het ook onlangs 'n rekordtyd opgestel tydens die gewilde 5 km-pretdraf; 'n merkwaardige prestasie vir so 'n jong atleet.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'