OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium en Hoërskool Punt sê mekaar die komende naweek die stryd aan op Punt se velde tydens die jaarlike interskole. Beide skole berei reeds heel jaar vir die geleentheid voor en is slaggereed om aan toeskouers te wys hoe goeie sportmangees lyk.
Waarnemende skoolhoof van Gim, Alewyn Vorster, het die leerders van beide skole sterkte toegewens.
Die interskole tussen Langenhoven Gimnasium en Hoërskool Punt is 'n jare lange tradisie wat in 'n gesonde gees plaasvind. Tydens interskole vier ons nie net die gees van mededinging nie, maar ook die vriendskap en samewerking tussen twee skole. 'n Opregte dank aan Hoërskool Punt dat ons die tradisie tussen ons twee skole op so 'n manier kan voortsit. Met interskole sluit ons die wintersportseisoen af en moet ons ook dankie sê aan al die afrigters vir hulle onverpoosde ondersteuning en aanmoediging van ons spelers. Julle harde werk en toewyding word opreg waardeer. Saam met die ondersteuning van ons toeskouers sien ons almal uit na die opwindende atmosfeer wat gaan heers.
Die spelers is egter die ware helde van die dag. Julle het hard gewerk en het julself toegewy om die beste te wees. Ek weet dat ons spanne die naweek reg sal wees vir Punt en hulle goed van hul taak sal kwyt.
Laat ons die gees van sportmanskap, vriendskap en mededinging omhels terwyl ons mekaar aanmoedig en ondersteun. Mag die beste spanne wen, maar mag ons bo alles die wonderlike geleentheid saam geniet.
Baie dankie en geniet die dag!
Die eerste seunshokkiespan. Foto's verskaf
Die A-spanne se wedstryde is as volg:
Vrydag 16 Augustus
- Die dogtershokkie A-span word om 17:30 voorgestel en die wedstryd begin om 17:45
- Die seunshokkie se A-span word om 18:45 voorgestel en die wedstryd begin om 19:00
Die eerste netbalspan.
Ander sportkodes wat ook Vrydag gaan deelneem is:
- Debat - 15:00
- Gholf - 12:00
- Muurbal - 15:00 - 17:00
- Vasvrae - 15:50
- Skaak - 15:00
Die eerste dogtershokkiespan.
Saterdag 17 Augustus
- Die netbal se A-span speel om 11:45
- Die rugby se A-span speel om 14:10
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’