OUDTSHOORN NUUS - Die Eden-jaggeweerskiet het onlangs vir die derde agtereenvolgende jaar 'n baie suksesvolle Safari Outdoor Nightforce Staalgong-uitdagingtoernooi in die Waboomskraal-omgewing aangebied met 27 spanne van regoor Suid-Afrika wat ingeskryf het.
Die Wolwe-span van Mpumalanga was die wenners in die kompetisieklas met die Aim, Hold, Send it - span van Riversdal wat in die jagtersklas geseëvier het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'