OUDTSHOORN SPORTNUUS - Pieter Hendrik Gers was Saterdag met sy beste persoonlike tyd van 20 minute 34 sekondes, die wenner van die 307de Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed.
Altesaam 70 drawwers het deelgeneem.
Die 17-jarige Zack Botha was tweede gevolg deur Heinrich Bojé wat in die derde plek was.
Johann Coetzer het Saterdag sy 251ste-parkrun gehardloop nadat hy die besondere mylpaal van 250 parkruns die vorige Saterdag in Mosselbaai bereik het.
Pieter Gers. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'