OUDTSHOORN NUUS - Pieter Gers het Saterdag se 281ste Oudtshoorn parkrun met 'n persoonlike beste tyd van 21 minute 30 sekondes gewen.
Heinrich Boje was kort op sy hakke met 'n tyd van 21 minute 49 sekondes met die 15 jarige Graeme Philander wat aan sy eerste parkrun deelgeneem het, derde en die eerste junior met sy tyd van 22 minute 8 sekondes.
Tarren Jullies was die vrouewenner met 'n tyd van 24 minute 50 sekondes.
Bart Saaiman het Saterdag die besondere mylpaal bereik deur sy 200ste parkrun te voltooi met 'n tyd van 30 minute 35 sekondes.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'