PRINS ALBERT NUUS - Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging se veldskiettoernooi het Saterdag op Vryheidsdag by Rietfontein (plaas) in die Prins Albert-distrik plaasgevind.
Die toernooi het uit drie ghong-bane en drie papierteiken-bane bestaan.
Bay Guns, wat die veldskiettoernooi geborg het, het die pryse van die verskillende afdelings oorhandig.
Uitslae van die toernooi:
Ope afdeling
- Jacques du Plooy (1ste)
- Johan du Plooy (2de)
- Danie Barnard (3de)
Dames afdeling
- Junita van Zyl (1ste)
- Janine Nigrini (2de)
- Ronel Marx (3de)
Junior afdeling
- Leras van Zyl (1ste)
- Anlo Ferreira (2de)
- Marco Marx (3de)
Junita van Zyl (regs), wenner van die damesafdeling.
Veterane afdeling
- Johan Fourie (1ste)
- Piet van Wyk (2de)
- Arthur Lilford (3de)
Bosboklammetjie afdeling (12 jaar en jonger)
- Christof Delport (1ste)
- Roux Delport (2de)
- Izel Delport (3de)
Die wenner van die ope afdeling, Jacques du Plooy (links) saam met George Butler (skietbestuurder). Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'