Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Eden-sportraad het as deel van sy strewe na finansiële bemagtiging van sy sportfederasies 'n werkswinkel rondom die bemagtiging aangebied.
Die werksessie is deur 73 lede van 31 sportfederasies bygewoon.
Dave van der Walt, sekretaris van die Eden-sportraad, sê: "As deel van die sportraad se bemagtingsbeleid word gereeld bemagtigingsprojekte aangebied om die lede te help groei.
Vanjaar is verskeie sulke projekte aangebied, wat insluit misbruik van verbode middels, goeie bestuur, Wes-Kaap-sportkonferensie, finansiering, ondersteuning en aansoeke by department kultuur en sport en Lotto."
Van der Walt sê tydens bi-laterale gesprekke met lede van die Eden-sportraad het heelwat uitdagings na vore gekom rondom finansiële bestuur van federasies.
"Na aanleiding daarvan het die sportraad se bestuur in vennootskap met die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport die na finansiële bemagtigingskonferensie aangebied.
In sy verwelkomingsrede het die voorsitter van Eden-sportraad, Desmond Speelman, die goeie bestuur van sportfederasies, wat finansiële bestuur insluit, onderstreep.
"Daar word met staats- en publieke geld gewerk en as sulks is gesonde bestuur, monitoring en kontrole aller belangrik."
Joe Stoffels het 'n aanbieding oor basiese boekhouding gedoen.
Dirk van der Westhuizen het die onderwerp oor die basiese vereistes van die department kultuursake en sport verduidelik, terwyl Dave van der Walt die basiese vereistes rondom geouditeerde finansiële state en tri-laterale terugvoersessies verduidelik het.
Lees 'n vorige artikel: Finansiële bestuur van sportfederasies bespreek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Tuinroete nuus'