OUDTSHOORN NUUS - Phillo Verlaat en Fienie Barnard is Saterdagaand onderskeidelik as die Oudtshoorn-fietsryklub se sportman en sportvrou aangewys.
Yolandé de Villiers is aangwys as die klub se lid wat die beste prestasie behaal het.
Casper Pretorius is die junior sportman van die jaar en Charlissa Schultz die junior sportvrou van die jaar.
Van links is Chandré Schultz (beste vordering: junior dogters), Jaco von Molendorff (tesourier OFK), Casper Pretorius (junior sportman van die jaar), Charlissa Schultz (junior sportvrou van die jaar), Edward Dalton (beste vordering: junior seun), Errol Pretorius (beste vordering: mans) en Mike Lombard (voorsitter OFK). Afwesig: Jessica Gerber (beste vordering: vroue), Yolandé de Villiers (beste prestasie), Fienie Barnard (sportvrou van die jaar) en Phillo Verlaat (sportman van die jaar). Foto: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'