Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die Leopard Crawl-bergfietsrenne het Saterdag 3 Februarie vir groot opwinding gesorg met 'n voormalige vrouewêreldkampioen, Sabine Spitz en die SA kampioen, Robyn de Groot, wat mekaar in die 72 km-ren die stryd aangesê het.
Die bergfietsren is deur Aidan Connelly (02:26:12) gewen, met Rogan Smart (02:26:13) tweede.
Marshall Hendriks (02:29:22), 'n opkomende fietsryer van Oudtshoorn, het derde klaargemaak.
In die vroueafdeling het De Groot (02:32:37) 'n breukdeel van 'n sekonde voor Spitz (02:32:38) oor die eindstreep gery om die vroueafdeling te wen.
Oudtshoorn se Fienie Barnard (02:42:25) was die derde vrou oor die eindstreep.
Die eerste drie vroue het ook algeheel onder die top tien ryers (vyfde, sesde en sewende) klaargemaak.
Die eerste tien ryers in die 72 km-ren is:
- Aidan Connelly (02:26:12)
- Rogan Smart (02:26:13)
- Marshall Hendrik (02:29:22)
- Braam Wannenburg (02:32:37)
- Robyn de Groot (02:32:37)
- Sabine Spitz (02:32:38)
- Fienie Barnard (02:42:25)
- Vincent Owen (02:47:41)
- Bert Verlinde (02:49:06)
- Serfie Serfontein (02:49:17)
45 km ren (mans):
- Derek Devine (01:34:52)
- Hennie Anderson (01:35:26)
- Zandre Gerber (01:37:59)
45 km ren (dames):
- Kirtsin Roelofse (01:53:42)
- Anita Wheeler ((02:00:48)
- Teresa Bester ((02:04:06)
18 km ren (mans):
- Nelis du Plessis (44:42)
- Reece Wheeler (45:16)
- Zinedine de Nil (46:14)
18 km ren (mans):
- Alissa Coetzer (46:39)
- Linel Engelbrecht (50:32)
- Caylin Murray (55:40)
12,5 km pretdraf
- Tony Cleophas (58:00)
- Francois Verwey (01:03:13)
- Cornel Bekker (01:04:42).
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'