Die nege ryers van Oudtshoorn en een van Ladismith het van 7 tot 10 Oktober aan pad- en bergfietsrenne deel geneem.
Spanne bestaan uit seuns en dogters terwyl die interprovinsiale span slegs uit die top seuns bestaan.
Beide die o.14 en die o.18 interprovinsiale span het hul spankompetisies gewen terwyl die o.18, o.16 interprovinsiale span en die o.12-span tweede plekke verower het.
Derde plekke is behaal deur die o.10 en o,16-spanne.
Die Wes-Kaap het ook die algehele kompetisie gewen.
Die o.14-ryers wat presteer het is: Riaan Fortuin (brons - padwedren; goud - spantydtoets), Kerrighan Aries (goud - spantydtoets), Vaughan Matthews (brons - spantydtoets) en Leon Claassen (goud - spantydtoets).
Die o.16-ryers is Jessica Gerber (silwer - padwedren, silwer - kortbaan kermesse, silwer - langbaan kermesse, silwer - spantydtoets) en Louis Visser (Interprovinsiaal: brons - padwedren, brons - spantydtoets, brons - lang kermesse).
Die o.18-ryer, Keeran Aries, spog met silwer in die spantydtoets en brons in die bergfietsveldwedren.

Plaaslike fietsryers wat tydens die pas afgelope skoolvakansie aan die Bloemfonteinse Jeugfees deelgeneem het is, voor van links: Riaan Fortuin, Celena-May Aries (Eden en Wes-Kaap fietsry skoleverteenwoordiger), Kerrighan Aries, Keeran Aries, Jessica Gerber, Corné Botha (Wes-Kaap en Eden-fietsry), Leon Claassen en Louis Visser.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'