OUDTSHOORN NUUS - Motorliefhebbers kan uitsien na 'n vertoning vol styl en passie tydens Carmigos-motorklub se opkomende motorskou.
Die motorskou vind plaas 15 November om 10:00 by die De Jager-sportkompleks in Oudtshoorn.
Die doel van die motorskou is nie net om motorliefhebbers van regoor die streek bymekaar te bring om hul liefde vir motors te vier nie, maar ook vir ons as span om 'n betekenisvolle bydrae tot gemeenskapsontwikkeling te lewer, wat die einddoel van die skou is.
Bring jou familie en vriende saam en beleef 'n dag vol styl, opwinding en gemeenskapsgees!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’