OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die afgelope naweek is die Suid-Kaap se grootste ovaalbaanresies, die Richard Griessen Repairs Klein-Karoo-kampioenskappe, vir die 29ste jaar op Oudtshoorn aangebied.
Sowat 135 jaers het in nege klasse deelgeneem.
Slegs geaffilieerde motorryers van die George- en Oudtshoorn-motorklubs kon punte verdien wat sal bepaal wie later vanjaar as die SWD-kampioen gekroon sal word.
Die oorblywende motorwedren waarna petrolkoppe kan uitsien vir die jaar is 19 Desember op George waarna die SWD-kampioen aangewys sal word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'