KLEIN KAROO NUUS - Verlede Saterdag het meer as 260 atlete van vier provinsies aan die jaarlikse Oostelike Provinsie interprovinsiale-tweekampbyeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem.
Die Eden-tweekampspan van 64 atlete het goed presteer ten spyte van heelwat onttrekkings aan die span.
Hulle kon daarin geslaag om tweede in die spankompetisie te eindig, met Grens in die derde plek en Suid-Vrystaat wat in die vierde plek klaargemaak het. Oostelike Provinsie was die uiteindelike wenners.
Walter Lutsch (voor) en Jogan Griffioen se mekaar die stryd aan.
Eden se atlete wat medaljes gewen het:
- Conrad Gouws: seuns o.8-afdeling (goud)
- Karli Lotter: meisies o.11-afdeling (goud)
- Elize Smook: meisies o.17-afdeling (goud)
- Tiaan Els: seusns o.19-afdeling (silwer)
- Jandri Snyders: meisies o.17-afdeling (silwer)
- Walter Lutsch: mans veterane-afdeling (silwer)
- Morgan Jones: seuns o.13-afdeling (brons)
- Jandri Snyders: dogters o.17-afdeling (brons)
- Damian Smith: atleet met spesiale behoefte (goud)
- Landré Cope: atleet met spesiale behoefte (goud).
Eden-vroueatlete Elize Smook (voor) en Jandri Snyders hardloop saam aan die voorpunt. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'