OUDTSHOORN TROUTREKNUUS - Oudtshoorn Vaardigheidskool is vanjaar die gasheer vir die Eden-toutrekbyeenkoms wat Saterdag 22 Februarie vanaf 07:00 tot 16:00 by dié skool se sportterrein plaasvind.
Bykans 300 toutrekkers van Hoër Landbouskool Oakdale, Shalom Akademie, Hoërskool Calitzdorp, Van Kervel Skool, Hoërskool Wittedrif en Oudtshoorn Vaardigheidskool (Die Valkies) sal sake uitspook om medaljes in hul onderskeie afdelings te verower.
Verversings sal gedurende die dag te koop wees. Oudtshoorn Vaardigheidskool se skoolhoof, Gavin Block, het nooi die breë publiek uit om Oudtshoorn Vaardigheidskool se troutrekspan (Die Valkies) te ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'