OUDTSHOORN NUUS - Altesaam nege skuts van die Eden-jaggeweerskiet is twee weke gelede na afloop van die Suid-Afrikaanse Jaggeweerskietvereniging se nasionale byeenkoms in die nasionale span opgeneem.
Die byeenkoms was in Joubertina (Oos-Kaap) gehou.
Die strawwe byeenkoms was beslis oor twee dae en drie bane. Elke baan was voorsien van ses skietpunte waar 'n jagsituasie gesimuleer word en vyf skote op 'n teiken binne die toegelate tyd geskiet moes word.
Dit beteken daar word van elke skut verwag om konsentrasie te behou vir elk van die 90 skote wat die skut sal skiet gedurende die twee dae kompetisie.
Al die skuts moes sonder elektroniese toerusting die afstande en windspoed skat.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'