OUDTSHOORN SPORTNUUS - Ses lede van die plaaslike Benjamins-sagtebalklub het onlangs Eden-kleure in sagtebal behaal.
Hulle sal op 21 Mei aan die Wes-Kaapse sagtebalkampioenskappe in Kaapstad deelneem.
Sagtebal is 'n soortgelyke spel as bofbal wat met 'n groter bal gespeel word. Die spel het sy oorsprong in Amerika en beweeg teen 'n vinniger tempo as die tradisionele bofbal, omdat die veld kleiner is en die veld en die veldwagter nader aan die tuisblad is.
Tans groei sagtebal teen vinnige pas in Suid-Afrika en enigeen wat belangstel om dié sportsoort te beoefen kan Brendon Kamfer by 076 370 8442 skakel.
Van links is Reginald Anthony (afrigter), Chevonne Horne, Kaith-lynn Kortjee, Michelle Nicholaas, Deveney Hendricks, Shirne Booysen, Magdalena Robertson en Breden Kamfer (afrigter). Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'