OUDTSHOORN NUUS - Eden se beste pluimbalspelers het die afgelope Saterdag mekaar in die De Jager-sportkompleks die stryd aangesê.
Spelers van Oudtshoorn, George, Mosselbaai en Stilbaai het aan die kampioenskappe deelgeneem.
In die laerskole-afdeling het 10 spelers van Oudtshoorn, George en Stilbaai in enkelspelle meegeding.
Dié afdeling se uitslae is:
1. Carlo van den Bergh (George)
2. Juan van Rooyen (Oudtshoorn)
3. Martin Kruger (Oudtshoorn)
4. Louis Venter (Oudtshoorn)
5. Theun Kruger (Oudtshoorn)
6. Jaco Pretorius (Oudtshoorn)
In die seniorafdeling het spelers van 18- tot 70 jaar oud gespeel. Hulle het in enkel-, dubbel en gemengde spelle gekompeteer.
Die uitslae is:
Mans
- Marius van Huysteen (Oudtshoorn)
- Mitch Otto (George)
- Pottie Potgieter (George)
- Adon Malgas (Oudtshoorn)
- Christiaan van den Bergh (George)
- Johan Rhode (George)
Dames
- Amanda Minnie (George)
- Heleen Fourie (George)
- Lydia Meyer (George)
- Chrisma Fourie (George)
- Hannalie Alberts (Mosselbaai), Almarie Venter (Oudtshoorn), Elode Minnie (George).
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'