OUDTSHOORN NUUS - Eden-fietsryspan het onlangs 53 medaljes by die SA baanfietsrykampioenskappe by die Velodrome-sportstadion in Bellville ingepalm.
Die Eden-junior dogterspan het hul Team Pursuit-afdeling gewen waarvan Suveena Aries van Oudtshoorn deel was.
Louis Venter, ook van Oudtshoorn, was deel van die junior seunspan wat silwer in die Team Pursuit en 'n brons in die Team Sprint-afdeling verower het.
Volgens een van die toesighouers wat die span vergesel het, Sonja Schultz, is hulle trots op wat die span bereik het omdat hulle nie 'n baan het om op te oefen nie.
"Ons oefeninge vind plaas op die Oudtshoorn-ovaalbaan met bergfietse.
"Dit is wat hierdie prestasie so uniek maak. Graag bedank ons Eden-fietsry, Wes-Kaap-fietsry, Oudtshoorn-munisipaliteit en DCAS wat dit vir ons moontlik gemaak het om aan hierdie kampioenskappe te kon deelneem."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'