OUDTSHOORN NUUS - Die 285ste Oudtshoorn-parkrun is Saterdag in reënweer en 'n seepgladde roete by Surval-olyflandgoed gewen deur Christo du Plessis van die Howick-atletiekklub met 'n tyd van 20 minute en 27 sekondes.
Pieter Gers was tweede met sy tyd van 21 minute 22 sekondes en Heinrich Boje derde, tien sekondes stadiger.
Jolandi Blom was met haar tyd van 34 minute 54 sekondes die vrouewenner.
Francois le Roux het Saterdag die besondere mylpaal bereik deur sy 150ste Parkrun te voltooi in 'n tyd van 26 minute 30 sekondes.
Die vinnigte drawwers van die 22 deelnemers was:
- Christo du Plessis (20:27)
- Pieter Gers (21:22)
- Heinrich Boje (21:32)
- André Gerber (21:44)
- Eric Judd (23:09)
- Francois le Roux (26:30)
- Heiner Campher (27:05)
- Elton Campher (34:27)
- Jolandi Blom (34:54)
- Maurice Wicomb (39:11)
Francois le Roux. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'