OUDTSHOORN NUUS - Drie atlete met gestremdhede van Oudtshoorn, het podiumposisies behaal tydens Sondag 18 Februarie se Outeniqua Wheelchair Challenge in George.
Gerrit Hendricks het die 42,2 km marathon aangepak en 'n derde plek verower.
Denver John het in die 21,1 km marathon ook 'n derde plek behaal.
Lorenzo Palanyadi het aan die korter 10 km-ren deelgeneem en die eerste plek losgery.
Gerrit Hendricks.
Denver John.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'